Vlag van Botswana

Vlag van Botswana
Vlag van Botswana
Vlag van Botswana
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag
Verhouding 2:3
Goedgekeur 30 September 1966
Ontwerp ’n Horisontale driekleurige vlag van ligblou, swart en ligblou met wit fraiings.

Die nasionale vlag van Botswana is op 30 September 1966, toe die land sy onafhanklikheid verkry het, amptelik in gebruik geneem en het die Union Jack vervang.[1] Die vlag vertoon ’n horisontale tweekleur in bane van blou, swart en blou met wit fraiings langs die swart baan. Dit is een van min vlae van Afrikalande wat nóg die Pan-Afrika kleure nóg die kleure van die leidende party gebruik.[2] Die bane aan die wapperkant het ’n amptelike verhouding van 9:1:4:1:9.[3]

  1. (en) "The meaning behind the Botswana flag". YourBotswana. Besoek op 14 September 2020.
  2. (en) Dorling Kindersley (3 November 2008). Complete Flags of the World. Dorling Kindersley Ltd. p. 101. Besoek op 14 September 2020.
  3. (en) Molosi, Donald. "9-1-4-1-9: Decoding the Botswana Flag". The Patriot on Sunday. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 14 September 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search